Supercool Slypskole

Super opgewonde oor die Supercool Slypskool wat afskop op die 2de April in die Wes-Kaap!!

As jy nog nie jou plek bespreek het nie, email ons sommer nou by nedine@nedineblom.co.za vir meer inligting.

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en meer te leer oor “showbiz!”

Die slypskool vind elke dag plaas tussen 9 am en 4pm vanaf 2 April tot 5 April. ‘n Lekker vakansie Slypskool wat jou alles leer van mikrofoontegniek, hoe om die regte liedjie te kies, wat om te doen op die verhoog in ‘n krisis situasie, wat is diksie, intonasie en diksie en hoe om teks voor te berei.

Supercool slypskool

Ek hoop ook ek sien al die Kapenare by my “Die Boer” show in die vakansie op 6 April 2013 om 11h00. Bespreek sommer nou al jou plek en bring ‘n buddy saam!  Die Boer: (021) 979 1911   R50 pp

Maar!! Voor dit!!  Die Burger kykNET Buite Ekspo  plaas hierdie naweek net buite Swellendam!!!

Ons het ‘n reuse klomp Supercool goed wat ons in die mou voer wat inlsuit gesigverf, Berg Toys se trapkarre, ‘n Supercool Talentshow, Inkleurkompetisie,” Meet and greet” met Nedine Blom en vele meer! Kom wys ons jou talent tydens die Supercool Talentshow!! Of kom neem deel aan die bak en brou sessie of bou jou eie pasta karretjie!

Sien jou daar!

Liefde

Nedine xxx

nuwe nuwe buite ekspo