Mei loer vir my

Hallo almal

Mei loer vir ons en dit maak my baie senuweeagtig want die Supercool Musical in die Kaap kom nou vinnig nader en ons oefen dat dit klap! Vir meer inligting kontak Melkbosprivaatskool by (021) 553 1530.  Dis die eerste Supercool Musical van sy soort en dit is die HEEL coolste storielyn in die wereld. Ek wil nie teveel weggee nie, maar my naam in die Musical is “Roxy Rautenbach”.   Daar speel ongeveer 140 kinders saam met my in die musical.

Ander hoogtepunte in Mei is my show by Doxa Deo Langeberg  (0845809089) vir besprekings en ook op 25 Mei by DIE BOER!! (021) 979 1911.  Bespreek sommer nou al jou kaartjies en kom jol saam.

Onthou hierdie: “I’ve learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.” —Maya Angelou

Ons gesels gou weer!! As jy met my wil chat, mail my by nedine@nedineblom.co.za

Liefde en soene

Nedine

Mwahxx