Meer oor my

Meer oor my

Nedine Blom se se eerste kinder album vrystelling, “Supercool” het ‘n SAMA toekenning ontvang vir beste Afrikaanse kinder album en het reeds goue status bereik. Supercool is Afrikaanse kindermusiek wat elke kinderhart vinniger sal laat klop!  Nedine se kinderliedjies spreek tot oud en jonk en sorg vir menige prettige oomblikke in elke huis.

Dit was nie lank na die eerste Supercool dat Nedine dit weereens in die kol geslaan met haar vrystelling “Supercool vir Jesus ) (2010 Beste Afrikaanse kinderalbum by die Sama toekennings ingepalm)  Hierna is ook Supercool  2  (Partyhits) vrygestel, wat opgevolg is deur Supercool vir Jesus 2 asook ‘n volledige engelse CD en DVD stel “Supercool FOR Jesus”.   Koop aanlyn by www.nedineblom.co.za

Supercool vir Jesus het ook onlangs dubbel goue status verwerf.

Nedine Blom het seker gemaak dat “Supercool vir Jesus” ‘n kinderlofprysings instrument sal wees wat kinders tussen die ouderdom van 6 – 14 se harte vinniger sal laat klop.

Soos “Supercool”, is “Supercool vir Jesus” ook ‘n multimedia vertoning en lei Blom die kinders om saam met haar te dans en sing. Nedine se “Supercool vir Jesus” optredes behels ‘n Karaoke vertoning waartydens sy interaktief met oud en jonk omgaan.

Die musiekvideo’s van “Supercool vir Jesus” word op ‘n witskerm vertoon tydens die vertoning, met die lirieke daarby, wat beteken dat die kinders elke woord kan saamsing en elke aksie kan saam doen.

Van die liedjies in die “Supercool vir Jesus” vertoning sluit in die immergewilde “One way Jesus” asook Blom se eie treffers “I’ll stick to Jesus like bubblegum”, “Popcorn” en “Supercool vir Jesus”. Haar eie komposises is ‘n groot gunsteling by die “tween” geslag. Ander bekende titels sluit in Wihan Vos se “Weet jy dat Jesus jou liefhet”, Louis Brittz se lied “Wapenrusting” en ook Juanita du Plessis se lof treffer “Ons Koning kom.”