Wie

Geïnspireer deur Jesaja 40
Musiek & Lirieke: Nedine Blom
Kopiereg:   Urial Publishing

Vers 1

Wie’t die berge en die see gemaak?
En die nag wat skielik dag kan raak?
Wie’t die hemelkoepel wyd gespan
En die pad van elke mens beplan?

Wie’t die aarde en die son gemaak
En die donker skielik lig laat raak?
Die seisoene een vir een bepaal
Hy’s ons Koning en Hy kom ons haal

Ja Hy het groot krag, groot mag
En Hy red my
Op arendsvlerke vlieg ek in Sy naam
Ja Hy het grootkrag, groot mag
En Hy red my
En waar ek ookal gaan, daar stap Hy saam

Vers 2

Wie het jupiter en mars gemaak
En ‘n sekelmaan wat volmaan raak?
Wie’t die wolke en die reën gemaak
En ‘n papie wat ‘n vlinder maak?

Wie’t die sonneblomme wyd gesaai
En die koringlande wat so waai?
Wie’t die donker en die lig geskei?
Dis die Heer en Hy beskerm my