Wapenrusting Staan vas!

Musiek & Lirieke: L. Brittz
Kopiereg:  Brettian Pub
Musiek en Lirieke: Rick Moser
Publising: MAR Gospel Music Publishers

Koor
Ons dra die gordel van waarheid
En die harnas van vryspraak
En die skoene van bereidheid om Sy
boodksap uit te dra
Ons dra as helm verlossing
En die woord van God as swaard
En vir altyd die geloofskild
Totdat Jesus ons kom haal

Vers
Ons stryd is nie teen vlees nie
Maar teen magte in die lug
God gee Sy wapenrusting dat die vyand weg sal vlug
Van die krag in Sy dissipels
As hul op hul pos bly staan
Om gewapen met die waarheid na
verlorenes te gaan

Koor

Staan vas in die naam van die Heer
Staan vas in die krag wat Hy jou gee
Geen wapen wat die vyand teen jou smee
Sal slaag as jy vasstaan in die naam van die Heer

Staan vas op die woord van die Heer
Staan vas in die krag wat Jesus gee
Gaan voort onder die salwing van die Gees
Jy’s meer as oorwinnaar in die krag wat Hy jou gee