Sussie jol die jukeboks

Musiek & Lirieke : N Blommetjie

Oupa trap die petrol dat ons vinnig ry
Ouma gee daai padkos laat ek lekker kry
Want ek wil see toe gaan
Ja ek wil beach toe gaan

Kyk daar ry ons nou by Graaf – Reinet verby
Oupa trap daai petrol ek wil vinnig ry
Want ek wil see toe gaan
Ja ek wil beach toe gaan

Sussie jol die jukeboks dat die stof so staan
Ouma gee daai mandjie met die padkos aan
Nou nou sit ons lekker met ons lywe in  die blou blou see
Oupa trap daai petrol dat die stof so staan
Ouma gee daai  mandjie met die padkos aan
Nou nou  hou ons party by die  branders en die blou blou see

Vanaand is die Jeffreys sokkie jol
Ons almal is rek vir ruk en rol
Daar by die sokkiejol
Gaan ons lekker jol
Oupa trap die petrol dat ons vinnig ry
Ouma gee daai padkos laat ek lekker kry
Want ek wil see toe gaan
Ja ek wil beach toe gaan

Sussie jol die jukeboks dat die stof so staan
Ouma gee daai mandjie met die padkos aan
More sit ons lekker met ons lywe in  die blou blou see
Oupa trap daai petrol dat die stof so staan
Ouma gee daai  mandjie met die padkos aan
More hou ons party by die  branders en die blou blou see