Supercoolste Pa

Musiek & Lirieke: Nedine Blom (Urial Publishing)

Papapa – papapapapa
Papapa – papapapapa

Pappa jy’t altyd ‘n smile op jou gesig
Jy gee my vlerke, laat my vlieg deur die lug
En elke keer as jy my op jou skouers dra
Weet ek jy sal als gee wat ek vra
Want jy is die supercoolste pa

Koor

Jy bly my allerliefste papapapa
Ek is jou hartedief my papapapa
Jy is my allerliefste papapa

Jy vat my skool toe en dra my nuwe tas
Jy vee my trane af ,druk my teen jou vas
Leer my van sterre en van visse in die see
Leer my hoe elke nuwe tree te gee
Pappa jy’s my hero en ek’s mal oor jou

Koor

Jy gryp my hande en swaai my om en om
Totdat my kop amper by die wolke kom
Jy hou my vas en as ek huil dan troos jy my
Kielie my aanhoudend tot ek lekker kry
Pappa jy’s my superman, jy maak my bly!

Koor