Skoolsiek

Lirieke & Musiek : Nedine Blom
(Urial Publishing)

Hier sit ek alweer
In die wiskunde klas
As ek maar net
in Brooklyn was
kon ek doen wat ek wil
kon ek fliek of chill
maar ek is vasgekeer

Koor

my juffrou probeer
my meetkunde leer
sy kan my tog so irriteer
my kop is al so seer
my kop is al so seer
haar kop is al so seer

Hier sit ek alweer
In die L.O klas
As ek maar net
in Menlyn was
kon ek doen wat ek wil
kon ek fliek of chill
maar ek is vasgekeer

Koor

Die klok het gelui
ek is uiteindelik vry
maar ek weet
ons het hope huiswerk gekry
Maar vandag is die dag
Wat die huiswerk wag
Want more gaan ek maagpyn kry.

Koor

Hier sit ons alweer
In die wiskunde klas
As ons maar net
In Menlyn was
Kon ons doen wat ons wil
Mon ons fliek of chill
maar ons is vasgekeer

Ons juffrou probeer ons meetkunde leer
Sy kan ons tog so irriteer
My kop is al so seer
My kop is al so seer