Rondomtaliedraai

(Musiek & lirieke : Mark Allandale )

Dis weer vakansie tyd
dis rondomtalie draai
ek gaan lekker visvang
in die hoek van die baai
waar die sonstrale lekker
op my rug kan brand
waar ek drome kan droom
met my tone in die sand
of ek skuil in ‘n grot
uit die pad van die weer
en ek lag hardop
want ek hoor meneer

Koor
Hy sê staan op sit stil boeke oop leer jou les
oe la la la, oe la la la
As jy weer laat kom kry jy ses van die bestes
oe la la la
Hy sê staan op sit stil boeke oop leer jou les
oe la la la, oe la la la
As jy weer laat kom kry jy ses van die bestes
oe la la la

Dis weer vakansie tyd
dis rondomtalie draai
en ek ry my fiets
en ek maak lawaai
waar die kranse die eggo’s
van my stem hoor sing
en my maat is saam
en ons doen ons ding
en nog ‘n dag is oor
en die blink son sak
en ons lag hardop
want ons hoor ou kakkerlak

koor