Ons Koning Kom

Musiek & Lirieke:  Juanita du Plessis
Kopiereg:   Maroela Music

Vers 1

Wie regeer
Wie is in beheer
Wie’s die begin en die einde
Die Een wat is, wat was en wat kom
My hart wil sing
Alle eer wil ek bring
Hy’s die weg en die waarheid
Daar’s niemand, niemand soos Hy

Koor
Lig jou hande na bo (sing halleluja)
Gee eer aan Hom (halleluja)
Ons koning kom
Loof Sy Heilige naam
Lig jou hande na bo (sing halleluja)
Vertrou op Hom (halleluja)
Ons koning kom
Hy kom om ons te haal

Vers 2

Elke knie sal buig
En elke tong sal getuig
Hy’t die dood vir ewig oorwin
Hy’t opgestaan!

Koor

Vers 3
In ‘n donker wêreld
vra almal
Wie sal die volk kom lei
Dis die Ruiter
op die witperd
Hy kom!
Hy kom vir jou en my!
Koor x 2