Mamma

(Lirieke & musiek : Kevin Pienaar)
Solo : Sabrina Visser
Agtergrondstemme : Nedine Blom

Mamma ek hou soveel van jou
jy weet net elke keer wat om te se
as die donker nag teveel raak
en spoke in my kas
is jy die een wat die skadu’s laat verdwyn

Mamma, jy is so mooi vir my
as ek seerkry weet ek waar om troos te kry
en as die wêreld vir my kwaad raak
weet ek jy is daar
Mamma, jy’s die held in my verhaal

En ek weet daar sal ‘n tyd kom ja ek weet
waar ons paaie dalk vir ewig ons sal skei
Mamma jy’s die sonlig in die dag
die woorde is min maar dis uit my hart

Mamma, ek weet jy’s soms alleen
maar weet dat ek jou altyd lief sal hê
en as die donker jou ooit inhaal
sal ek my liggie laat skyn
Mamma, om jou terug te bring na my

en ek weet dat woorde heelmaak
dis waarom ek dit sing
Mamma, jy’s die held in my verhaal
Mamma, ek is baie lief vir jou