Hoe ek voel

Musiek & Lirieke : Nedine Blom & Amor Blom
(Urial Publishing)

Sien jy my nie raak nie ,
as ek by die trappe wag
Sien jy my nie raak nie,
ek soek jou elke dag

Weet jy ek bestaan?
Ken jy ooit my naam?
Want ek ken jou soos myself

Jy sit langs my in EBW
Jou glimlag laat my bloos
Wens ek weet hoe jy voel
Want ek raak moedeloos

KOOR
En elke girl wat na jou kyk
Begeer om jou te ken
Maar ek ken jou, ek ken jou soos myself

Vandag het jy met my kom praat
Jou woorde het my stom gelaat
Nou’s dit net ek en jy
Dit maak my baie bly

En elke girl wat na jou kyk begeer om jou te ken
Maar nou kan ek vir almal sê,
Ek het jou hart gewen

Ek vang jou soms
Jy staar na my
My glimlag laat jou bloos
Jy weet ook nou hoe ek voel
Ek is vir jou bedoel

KOOR