U is alles (One way Jesus)

Musiek & Lirieke: Joel Houston, Jonathan
Douglass, Hillsong Australia
Nie-Amptelike vertaling: Nedine Blom
Kopiereg:   CopyCare Africa cc

Vers 1  
Ek lê my lewe voor U neer
Want U is al wat ek begeer
Ek hoef net te vra en U is daar
As dinge vir my moeilik raak
Of as iets my hartseer maak
Voel ek net U liefde en U krag

Koor
U is alles
U ‘s die weg die waarheid en die lewe
U is alles
U ‘s die weg die waarheid en die lewe

Vers 2  
U is altyd altyd daar
U is die een wat my bewaar
U hou my vas en  seën my elke dag
U sal nooit verander nie
Gister en vandag is U
Nog net dieselfde Jesus wat my dra

Brug
U is die weg die waarheid in my
Geloof in U kom maak my vry
Vir U
Ons lewe net vir U