Ek ry in my rooi 4 x 4

Lirieke & Musiek: N Blom en A Blom
(Urial Publishing)

Ek ry in my rooi 4 x 4, lekker saam met pa

Ek ry in my rooi 4 x 4 en saam ry ook my pa
En ons twee gaan nou winkels toe allenig sonder ma
Want ek en pa gaan lekker shop en alles vir my koop
Ek wil daai nuwe robot hê wat self kan praat en loop

Pa koop vir my ‘n robot, ‘n quad bike en ‘n boot
Oe kyk daar’s ‘n Skylectric en pa se oë rek groot
Ek ry in my rooi 4 x 4 en saam ry ook my pa
En ons twee was nou winkels toe so lekker sonder ma

Nou’t ek my robot, my quadbike en my boot
En pa se Skylectric lê veilig op sy skoot
Ons het die winkel leeggekoop my hartjie is so bly
En as ons by die huis aankom gaan ma met pa baklei

Ek ry in my rooi 4 x 4 en stop reg voor ons huis
Ek sluip toe by die voordeur in want ma’s in die kombuis
My pa is lekker uitgestress oor wat ma nou gaan sê
Gelukkig het ma ook geshop en sus wou ook als hê

Ek ry in my rooi 4 x 4 en saam ry ook my pa
En ons twee gaan nou winkels toe allenig sonder ma
Ek ry in my rooi 4 x 4 lekker saam met pa