Akkedisse Likkewane

Lirieke & Musiek: N Blom (Urial Publishing) & K Pienaar (TRC Musiek)

Akkedisse likkewane sprinkane
Hul bly hier in my kamer
My sussie se sy’s bang vir my groot luislang
Want hy gaan haar nog vang

Ek stap toe eendag na my tjommie, Krommie
Maar sy regte naam is eintlik Tommie
Sy spinnekop se naam is Moola
Dis ʼn harige Tarentula

Koor

Ons is jonk , ons is vry
Ons kan doen wat ons wil
Daar’s niks wat ons kan keer
Sê my pel, wat is jou naam
Kom deel ons avontuur
Want niks en niemand is ooit verveeld
As die boksombende jol
Dis ek en jy aan die ander kant,
dis lekker om jonk te wees

Vandag is my sussie se partytjie
Maar ek Krommie mag nie kom nie
My suster gaan vandag baie duur betaal
Want ons gaan nou my luislang haal
Ons sluip toe deur die huis na die kombuis
Want ek wil vir Krommie die koek gaan wys
Ons twee kry toe ‘n meester blink plan
Om my sussie en haar tjomme te vang

Koor

Die meisies gaan nou vir my sussie sing
Sy vra toe vir my ma om die koek te bring
My ma vra “hoekom is die koek so swaar”?
Want die koek is tog al gaar
En skielik raak alles stil
En toe begin die meisies almal gil
Ons plannetjie het baie mooi gewerk
Want uit die boks sien jy, hang daar ‘n stert!

Koor