Liefde

Februarie is die maand van liefde, iets wat ons almal se harte vinniger laat klop!  Ek is baie opgewonde oor 2013 en hoop dat dit wonderlike oomblikke vir elkeen van ons sal inhou.

My filosofie vir 2013 is die volgende:  “Think like a queen. A queen is not afraid to fail. Failure is another steppingstone to greatness.”  Oprah Winfrey

Die jaar hou baie interessanthede in, waarvan ek nie nou al te veel kan weggee nie, maar hou gerus die media dop.  Wat ek wel kan deel, is dat die Supercool Fans my nog nie so gesien het of gehoor het nie ;-)

Nog iets waaroor ek baie opgewonde is, is die musiekblyspel wat ek geskryf het vir Melkbosstrand Privaatskool.  Die hele skool en onderwysers vorm deel van hierdie besondere verhoogstuk en bestaan die “cast” uit meer as 130 mense. Dit gaan kook en ek vertolk die rol van ‘n juffrou in die blyspel.

Aan al die  Wolmaranstad bewonders, Witbankers, Wes – Kapenare en Worcestenare, ek hoop julle is reg vir my, want ek is baie opgewonde oor my optredes by julle!  Vir meer inligting, loer gerus na my dagboek datums.

Liefde en ‘n groot druk!

Nedine