Junie maand se lekkertes

Hi almal!

Ek is reg vir Junie maand! NG Kenridge het my bederf deur my weer ‘n slag te bespreek en die keer is dit vir hul weeklange Pikkie Pinkster. Die tema is “Seisoene van my lewe” en behalwe vir elke aand se Supercool jol, hot chocolate en saamkuier, is Josef se lewe die inspirasie agter die week se boodskappe.

Op 7 Junie kuier ek by Doxa Noord in Pretoria Noord en gaan dit ‘n reuse gesinsdag wees. Kan nie wag nie! Ek en Rea le Roux van “Huis skoonmaak” het onderneem om so bietjie droog te maak daar lol

Dan kom ‘n groot “event” aan die beurt saam met “Die Jaloersbokkies” op 12 Junie by ‘n groot geleentheid in Kaapstad waartydens “Die Jaloersbokkies” Suid – Afrika verteenwoordig. Ons kan nie wag nie! Vir meer inligting, beloer bietjie ons webblad by www.jaloersbokkies.com. Die Jaloersbokkies word regoor S.A bespreek onder andere KKNK, Aarklop, Cederbergfees, Tulbagh Fees, Shoprite Checkers, skoolfeeste ens. Die 9 stuk orkes sing tradisionele Afrikaanse liedjies en dit is ‘n humoristiese klomp musikante bymekaar. Van die liedjies sluit in “Daar kom die Alibama”, “Rietjie in die water le”, ” Boomstraat”, “Trane die rol oor jou bokkies” , “Waterblommetjies” en ‘n hele klomp Taliep Petersen gunstelinge soos “Welcome to Cape Town.

Een van my gunsteling plekke om op te tree in die Kaap is “Die Boer” in Durbanville en op 28 Junie is dit “Supercool – Sing en dans in Afrikaans” by Die Boer. Moenie vergeet om jou plek te bespreek nie! Kom hou sommer jou verjaarsdagpartytjie daar by die Boer saam met my.

Tussendeur is ek ook besig om so bietjie slimmer te raak en studeer ek aan ‘n Meestersgraad in Internasionale reg. Dit was nog altyd ‘n persoonlike droom en het die tyd nou aangebreek om ook hierdie droom te pluk en waar te maak. Dit is baie harde werk maar ek geniet dit baie.

Stuur asseblief vir my foto’s en sketse van al my Supercoolers na nedine@nedineblom.co.za.

Ons gesels binnekort weer en dan vertel ek meer oor my Gauteng toer in Augustus ‘ 14.

Liefde en soene

Nedine

2014 OPTREDES HOOGTE PUNTE:

JUNIE

1- 5 Junie NG Kenridge Pikkie Pinkster
12 Junie Jaloersbokkies korporatiewe vertoning
7 Junie Doxa Noord Feesdag
14 Junie beoordeel Riana van Wyk Sangkompetisie
28 Junie “Die Boer Teater” Durbanville

JULIE

8 – 11 Julie Nedine Blom & Stagestars productions bied aan vakansie Bootcamp vir alle jong talent PRETORIA
(Vir meer info stuur ‘n e-pos na nedine@nedineblom.co.za)
15 – 18 Julie Stagestars & Stagestars productions bied aan Slypskool Barnyard Willowbridge KAAP
(Vir meer info stuur ‘n e-pos na nedine@nedineblom.co.za)

AUGUSTUS

7 Augustus Frankfort
8 Aug oggend Ouma & Oupa dag Florauna Kleuterskool
8 Augustus Aand Supercool NG Weltevredenpark (Gauteng)

SEPTEMBER

12 September Curro Langebaan

OKTOBER

7 – 11 Oktober Aardklop met Jaloersbokkies
31 Okt Namibie

NOVEMBER
1 November Namibie
2 November Namibie

7 November Plaaswerker van die jaar (Jaloersbokkies)

DESEMBER
18 Desember Supercool die Musical Mosselbaai
27 Desember ATKV Goudini Jaloersbokkies

JANUARIE
27 Januarie Jaloersbokkies Kabaret Mania

FEBRUARIE
21 Februarie “Swinging Sistahs Jazz” korporatief