Die jaar vlieg!!

Kan nie glo ons trek al by Maart nie.  Groot dinge gebeur hierdie maand.

Ons skop af met ‘n 50 % afslag op alle CD’s op my aanlynwinkel www.nedineblom.co.za. Die lekkerte is, ek teken elke CD en DVD  vir jou!!   Gaan loer in by my aanlynwinkel vir meer info: www.nedineblom.co.za

Op 22 – 24 Maart vind Die Burger kykNET Buite Expo plaas in Swellendam by Kambati natuurreservaat (vir meer inligting volg hierdie skakel www.ekspo.co.za) . Daar gaan ‘n SUPERCOOL KINDERARENA wees met allerhande pret soos inkleurkompetisies, “arts en crafts”, meet en greet met Nedine Blom, Supercool vertonings en vele meer. As jy hou van kampeer, bring jou tent en kom kamp saam! Dit gaan ‘n naweek vol pret, braai, supertube en vet kuier wees!!

Nuwe buite ekspo

 

Oppad na die Buite Ekspo, tree ek op by die Laerskool Worcester – Oos op die oggend van 21 Maart. Ek sien sooooo uit daarna om saam met die awesome tweens van Laerskool Worcester te “hop, skop en pop”. Die Worcesternare is warm gawe mense en word ek altyd goed daar ontvang :)

Nog lank voor al hierdie prettighede… doen ek ‘n show saam met die ZIP ZAP Sirkus tydens Jan van Riebeeck Skool se groot SOMERFEES op 16 Maart!!   Volg gerus die skakel vir meer inligting :  http://www.jvrfeesdag.co.za/Musiek.html

wallpaper1

Tussenin berei ek voor vir ‘n klassieke huiskonsert op 9 Maart in Magalies waarna ek al baie lank uitsien. Ek het baie Supercool Fans wat kom om te hoor hoe ek klassiek sing. Glo dit of nie. Tweens is super ingelig !!

Xina march 2013

Ons chat een van die dae weer!!! Tot dan, hier is vir ons almal iets om aan ons ore vas te knoop!!

A Short Course in Human Relations

The six most important words: I admit that I was wrong.
The five most important words: You did a great job.
The four most important words: What do you think?
The three most important words: Could you please. . .
The two most important words: Thank you.
The most important word: We.
The least important word: I.

Anonymous

 IMG_6480