April, Alf en Akkerbome

Hello al julle Supercoolers.

Dis vriesend koud in die Kaap op die oomblik en ons kan die winter voel aankom. Dis vroeg donker en die sonnetjie steek sy kop baie later uit in die oggende as gewoonlik.  Dit maak dat ons baie lui word en graag wil laat slaap in die oggende, of wat praat ek alles?

Nou ja, so terwyl ons bietjie laat le in die oggende, is my gunsteling “series” deesdae “Alf”.  As jy dit nog nie gekyk het nie, doen jou self ‘n guns en gaan google “Alf Episode 1 Season 1″ . Dis vrek snaaks.  Alf is ‘n alien wat per ongeluk op die aarde beland het. Hy love katte (jip, dis wat hy graag vir elke ete sal wil eet) en hy is ‘n stoute klein karnallie. Laat weet my wat jy dink van Alf.

alf

 

 

Hierdie maand het ek myself ‘n besoek aan Stellenbosch belowe. Ek gaan ‘n verrassings besoek afle by ‘n skool of kleuterskool. As jy wil he dat ek by jou skool moet kom kuier in Stellies, stuur vir my ‘n email by nedine@nedineblom.co.za.  Wie weet, miskien gooi ek ‘n draai by jou skool!  Stellenbosch het die heel mooiste akkerbome waarin die eekhorings baljaar en het ek bietjie agtergrond inligting nodig vir die Tween boek waaraan ek skryf op die oomblik. Daarom dat ek ‘n bietjie wil gaan kuier vir my eekhoring tjommies daar in die Bos.

 

akkereekhoring

 

Later in die maand kuier ek by Curro Roodeplaat skool in Pretoria en doen ook ‘n groot lof en aanbidding vir tieners & tweens in Groblersdal.

Ek hoop ek sien jou by een van my shows een van die dae!!

Be awesome!!!

Liefde, Nedine