Hier is my opgedateerde optredes vir 2014

AUGUSTUS
8 Aug oggend Ouma & Oupa dag Florauna Kleuterskool
8 Aug Aand Supercool vir Jesus NG Weltevredenpark (Gauteng)
( Kontak Ilze de Villiers by jeugngwelte@gmail.com of
0827890621)
9 Augustus Kuieroggend (Nasionale Vrouedag) Witpoortjie gemeente
Besprekings: Ds Arnold Smith
9 Augustus Aand Supercool vir Jesus optrede Witpoortjie
22 Aug Supercool vir Jesus optrede NG Grimbeekpark Potchefstroom

SEPTEMBER
4 September Van Riebeeckstrand Laerskool (meer info volg)
5 September Curro Langebaan Supercool (meer info volg)
26 September Nedine Blom “A night at the musicals” Toscana venue, Durbanville
Bookings: 0827079262 Mandi Pruis (5 course meal & show) www.toscanaweddings.net
Vir ‘n voorsmakie van die show, kliek op die video clip

OKTOBER
Aardklop Supercool:
7 Okt 12h30 Feesterrein (gratis)
8 Okt 14h00 Feesterrein
11 Okt 11h00 Feesterrein

31 Okt Namibie

NOVEMBER
1 Nov Namibie Supercool Show
2 Nov Namibie Supercool Show

DESEMBER
18 Des Supercool die Musical Mosselbaai

Junie maand se lekkertes

Hi almal!

Ek is reg vir Junie maand! NG Kenridge het my bederf deur my weer ‘n slag te bespreek en die keer is dit vir hul weeklange Pikkie Pinkster. Die tema is “Seisoene van my lewe” en behalwe vir elke aand se Supercool jol, hot chocolate en saamkuier, is Josef se lewe die inspirasie agter die week se boodskappe.

Op 7 Junie kuier ek by Doxa Noord in Pretoria Noord en gaan dit ‘n reuse gesinsdag wees. Kan nie wag nie! Ek en Rea le Roux van “Huis skoonmaak” het onderneem om so bietjie droog te maak daar lol

Dan kom ‘n groot “event” aan die beurt saam met “Die Jaloersbokkies” op 12 Junie by ‘n groot geleentheid in Kaapstad waartydens “Die Jaloersbokkies” Suid – Afrika verteenwoordig. Ons kan nie wag nie! Vir meer inligting, beloer bietjie ons webblad by www.jaloersbokkies.com. Die Jaloersbokkies word regoor S.A bespreek onder andere KKNK, Aarklop, Cederbergfees, Tulbagh Fees, Shoprite Checkers, skoolfeeste ens. Die 9 stuk orkes sing tradisionele Afrikaanse liedjies en dit is ‘n humoristiese klomp musikante bymekaar. Van die liedjies sluit in “Daar kom die Alibama”, “Rietjie in die water le”, ” Boomstraat”, “Trane die rol oor jou bokkies” , “Waterblommetjies” en ‘n hele klomp Taliep Petersen gunstelinge soos “Welcome to Cape Town.

Een van my gunsteling plekke om op te tree in die Kaap is “Die Boer” in Durbanville en op 28 Junie is dit “Supercool – Sing en dans in Afrikaans” by Die Boer. Moenie vergeet om jou plek te bespreek nie! Kom hou sommer jou verjaarsdagpartytjie daar by die Boer saam met my.

Tussendeur is ek ook besig om so bietjie slimmer te raak en studeer ek aan ‘n Meestersgraad in Internasionale reg. Dit was nog altyd ‘n persoonlike droom en het die tyd nou aangebreek om ook hierdie droom te pluk en waar te maak. Dit is baie harde werk maar ek geniet dit baie.

Stuur asseblief vir my foto’s en sketse van al my Supercoolers na nedine@nedineblom.co.za.

Ons gesels binnekort weer en dan vertel ek meer oor my Gauteng toer in Augustus ‘ 14.

Liefde en soene

Nedine

2014 OPTREDES HOOGTE PUNTE:

JUNIE

1- 5 Junie NG Kenridge Pikkie Pinkster
12 Junie Jaloersbokkies korporatiewe vertoning
7 Junie Doxa Noord Feesdag
14 Junie beoordeel Riana van Wyk Sangkompetisie
28 Junie “Die Boer Teater” Durbanville

JULIE

8 – 11 Julie Nedine Blom & Stagestars productions bied aan vakansie Bootcamp vir alle jong talent PRETORIA
(Vir meer info stuur ‘n e-pos na nedine@nedineblom.co.za)
15 – 18 Julie Stagestars & Stagestars productions bied aan Slypskool Barnyard Willowbridge KAAP
(Vir meer info stuur ‘n e-pos na nedine@nedineblom.co.za)

AUGUSTUS

7 Augustus Frankfort
8 Aug oggend Ouma & Oupa dag Florauna Kleuterskool
8 Augustus Aand Supercool NG Weltevredenpark (Gauteng)

SEPTEMBER

12 September Curro Langebaan

OKTOBER

7 – 11 Oktober Aardklop met Jaloersbokkies
31 Okt Namibie

NOVEMBER
1 November Namibie
2 November Namibie

7 November Plaaswerker van die jaar (Jaloersbokkies)

DESEMBER
18 Desember Supercool die Musical Mosselbaai
27 Desember ATKV Goudini Jaloersbokkies

JANUARIE
27 Januarie Jaloersbokkies Kabaret Mania

FEBRUARIE
21 Februarie “Swinging Sistahs Jazz” korporatief

Kom vlieg saam met my!

Dit voel onwerklik om te dink ons trek al by Maart. Die jaar is vir my op ‘n “speedtrain” en wonder ek wat nog alles vir my voorle. Die afgelope twee weke praat God op besondere maniere met my. Een van hulle is my skoenlapper liefdesbriefies.

Ek kry elke dag ‘n bottergeel skoenlapper persent. Soms is dit een wat kom fladder voor my venster waar ek sit en werk by my lessenaar, ander kere swiep een so vinnig oor my windskerm as ek iewers heen ry, soms so vinnig, dat ek twee keer moet kyk om te sien of ek nou reg gekyk het.

Nou die dag het ek by die swembad gesit terwyl Adriaan swem en die volgende oomblik kom een so wrintiewaar reg voor my oe verby gevlieg kompleet asof hy wil se “Hallo, hier’s ek weer!” Ek het daar en dan die I-pad gegryp en gegoogle wat beteken ‘n geel skoenlapper, wat is die simboliese betekenis daarvan.

Een van die simboliese betekenisse is die van ‘n metamorfose. Die skoenlapper wat eers ‘n ruspe was en hard moes werk om sy kos bymekaar te kry en terug te neem na sy huisie. Daarna moes sy verder spartel, haarself in ‘n kokon toe spin om te transformeer en dan hiberneer tot hy wakker word en uit sy kokon huisie kan klim. Dan, op ‘n dag.. ontwaak sy uit haar slaaptyd en klim as ‘n splinternuwe skoenlapper uit haar kokon. Die skoenlapper sprei dan haar vlerke, gryp die oomblik en vlieg vir die heel eerste keer in haar lewe. Sy maak as’t ware…. ‘n nuwe begin.

Hierdie was ‘n “aha” oomblik vir my soos Oprah sou se, en het ek onmiddellik soveel ooreenkomste gesien met my eie lewensreis die afgelope paar jaar. Ek het op daardie oomblik besef dis asof ons Skepper vir my wil kom se, dis tyd vir ‘n nuwe begin, ‘n nuwe seisoen. Dis tyd om uit jou kokon te klim, jou vlerke te sprei, die wereld te verken. Nuwe begin is hier. Toe – toe, wakker word nou. Dis nou tyd.

Met hierdie wil ek vir jou se, los dit wat verby is, dis in die verlede. Sny die ou dinge af, vergewe, laat gaan. As dit jouself is wat jy moet vergewe, doen dit vandag nog. Kom klim saam met my uit die kokon en kom ons sprei ons vlerke in die wind. Kom ons vat hande en ons vlieg die toekoms in. Ons fokus op wat voor ons le, ons begin opnuut, alle oe gerig op die toekoms.

Ek wens vir jou die mooiste, mooiste Maart toe denkbaar.

Tot ons weer gesels , met baie liefde -

Nedine

OPTREDES:
2014 BESPREKINGS

MAART

1 Maart : Vredelust Mamma Mia kuieroggend vir die chicks
(Besprekings: 0614412520)
12 Maart: Woordfees optrede met Die Jaloersbokkies
(Besprekings: Computicket)
22 Maart: Goldfields Casino Supercool
29 Maart ABSA KKNK (Oudtshoorn) KYKnet verhoog 18h00

APRIL

19 April Gansbaai (0796921913)
27 April Bloem Gospel Fees (Supercool)

SUPERCOOL GETUIGSKRIF:

Leona Van Dijk Pombo Hi Nedine. Ek kan eerlikwaar se Supercool het ons lewe baie verander. Ek het 2 woelwater seuns. Die een is 8 en die ander een 4. En die klein seuntjie was baie bang vir die sondagskool aangesien ons 2 groot poppe het wat die kinders kom haal. Maar as gevolg van jou DVD het hy daai vrees oorkom en geniet nou die sondag skool Hy sien so uit om na jou DVD’s tekyk en dis wat hom motiveer om sondagskool toe tegaan. Baie dankie jy maak regtig n groot verskil in klein mensies se lewens. Xxxxx

Supercool die Musical!!

 VERTONINGS :    OKT – DESEMBER 2013
13 Oktober  Maranatha Gemeente Kempton Park (beide oggenddiens en aanddiens)
Kontak Jacqui  0827771919 of jacqui@whips.co.za
 19 Oktober 2013 10:00 am   Supercool Show Vanderbijlpark
Vir besprekings, kontak Karin by 0832971919
20 Oktober: NG Elarduspark : Supercool vir Jesus 
30 November AGS Oos Londen
Kontak Susan Coetzee  by susantechron@live.co.za
14 Desember : Klerksdorp
22 Desember: Weskus Mall
27 Desember : Forever Resort Loskopdam
29 Desember: Forever Resort Badplaas
30 Desember: Forever Swadini

 

 

 
kristina orange
 13 Oktober 2013 Maranatha Community Church  (beide oggend dienste en aandiens)
 19 Oktober 2013 10:00 am   Supercool Show Vanderbijlpark - kontak Karin by 0832971919 
26 – 29 September : Leserskring Boekefees Brackenfell20 Oktober: NG Elarduspark : Supercool vir Jesus 
30 November: AGS Oos Londen 
27 Desember: Forever Loskopdam
29 Desember : Forever Badplaas
30: Desember: Forever Swadini
 
 

18 Junie:  Despatch Oos- Kaap  Supercool Show

 Besprekings :  Anli Mostert: 082 5708458 
 
19 Junie: Vredenlust Gemeente

Supercool Kinderfees Launch

Besprekings: 082837107

 
1 – 5 Julie :  Supercool vir Jesus Rustenburg Kinderweek 
Kontak Izelle : 014) 5920455/6
13 Julie : Supercool “Fantasie Kostuum partytjie” show!
Die Boer (021) 979 1911
 
10 Augustus: Boeke bekendstelling Lux Verbi 
28 – 31Aug: Supercool die Musical  Melkbosstrand privaatskool
1 September Jeug Worship WitbankNedine Blom lei lof en aanbidding vir die Jeug van Witbank.Vir meer info kontak Ds. Dawie (031) 643 1397
8 September 2013 Supercool vir Jesus : Phillipstown
20 September: Laerskool de Tyger (Parow)
 4 &  5 Oktober 2013   Supercool Kinderfees met Charlene Dansskool   KimberleyVir besprekings kontak Susan Weenink  084475117517 & 18 Oktober 2013 06:00 pm   Supercool Show VanderbijlparkNedine Blom en die Little Blessings skool vat hande om ‘n vertoning uit die boonste rakke saam te stel! Vir besprekings, kontak Karin by 083 297 1919.

Supercool Kinderfees DVD binnekort beskikbaar

BREAKING NEWS!!! NEDINE BLOM!!

Ons launch binnekort die Supercool Kinderfees DVD op 7 Junie by AGS Belville !!  Die foto hieronder is geneem vanaf die rekenaarskerm en is die eerste edit van die DVD. Ons producer, Hanne Koster, werk baie hard daaraan om die DVD betyds klaar te kry!!

Kyk uit vir die Supercool Kinderfees DVD op ons aanlynwinkel www.nedineblom.co.za vanaf begin Junie!
kinderfees

Mei loer vir my

Hallo almal

Mei loer vir ons en dit maak my baie senuweeagtig want die Supercool Musical in die Kaap kom nou vinnig nader en ons oefen dat dit klap! Vir meer inligting kontak Melkbosprivaatskool by (021) 553 1530.  Dis die eerste Supercool Musical van sy soort en dit is die HEEL coolste storielyn in die wereld. Ek wil nie teveel weggee nie, maar my naam in die Musical is “Roxy Rautenbach”.   Daar speel ongeveer 140 kinders saam met my in die musical.

Ander hoogtepunte in Mei is my show by Doxa Deo Langeberg  (0845809089) vir besprekings en ook op 25 Mei by DIE BOER!! (021) 979 1911.  Bespreek sommer nou al jou kaartjies en kom jol saam.

Onthou hierdie: “I’ve learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.” —Maya Angelou

Ons gesels gou weer!! As jy met my wil chat, mail my by nedine@nedineblom.co.za

Liefde en soene

Nedine

Mwahxx

 

April, Alf en Akkerbome

Hello al julle Supercoolers.

Dis vriesend koud in die Kaap op die oomblik en ons kan die winter voel aankom. Dis vroeg donker en die sonnetjie steek sy kop baie later uit in die oggende as gewoonlik.  Dit maak dat ons baie lui word en graag wil laat slaap in die oggende, of wat praat ek alles?

Nou ja, so terwyl ons bietjie laat le in die oggende, is my gunsteling “series” deesdae “Alf”.  As jy dit nog nie gekyk het nie, doen jou self ‘n guns en gaan google “Alf Episode 1 Season 1″ . Dis vrek snaaks.  Alf is ‘n alien wat per ongeluk op die aarde beland het. Hy love katte (jip, dis wat hy graag vir elke ete sal wil eet) en hy is ‘n stoute klein karnallie. Laat weet my wat jy dink van Alf.

alf

 

 

Hierdie maand het ek myself ‘n besoek aan Stellenbosch belowe. Ek gaan ‘n verrassings besoek afle by ‘n skool of kleuterskool. As jy wil he dat ek by jou skool moet kom kuier in Stellies, stuur vir my ‘n email by nedine@nedineblom.co.za.  Wie weet, miskien gooi ek ‘n draai by jou skool!  Stellenbosch het die heel mooiste akkerbome waarin die eekhorings baljaar en het ek bietjie agtergrond inligting nodig vir die Tween boek waaraan ek skryf op die oomblik. Daarom dat ek ‘n bietjie wil gaan kuier vir my eekhoring tjommies daar in die Bos.

 

akkereekhoring

 

Later in die maand kuier ek by Curro Roodeplaat skool in Pretoria en doen ook ‘n groot lof en aanbidding vir tieners & tweens in Groblersdal.

Ek hoop ek sien jou by een van my shows een van die dae!!

Be awesome!!!

Liefde, Nedine